Visie
“Paul Kruger 2025”, ʼn samewerkende aksie van volks-organisasies wie die Christelik-gereformeerde geloofsgrondslag en volksliefde van Paul Kruger en ander onderskryf, wil die 200-jarige geboorte herdenking van een van ons grootse volksleiers vier, deur sy nalatenskap opnuut deel te maak van ons volkslewe, ons volkmondering en ons volks-ideale.
Verbondenheid aan God deur ʼn opregte, nederige geloof
Volksliefde en dienswillige leierskap
Vryheidsin
Insig en wysheid (in regering, handel en wandel)
Ons wil strewe na verwesenliking van die ideale wat hy sy volk vermanend toegebid het in sy laaste boodskap:
dat die werk eenmaal begin deur ons voorsate voltooi mag word
eenheid en eendrag
koestering van ons volkskap en ons taal
heropbou van ons volk en ons land op die grondslag van ons Christelike geloof
Ons wil veral president Kruger se boodskap en nalatenskap bekend te stel aan ʼn opkomende geslag, binne die konteks van sy lewens-voorbeeld van die daaglikse Christelike lewenswandel – seker sy belangrikste nalatenskap aan sy volk.
Navrae is welkom – stuur dit gerus na admin@paulkruger2025.co.za
